Stilbaai Sakekamer

In die hart van besigheid en welsyn van die gemeenskap - At the heart of business and wellbeing of community


Find Out More Business Directory Events Join News Documents Contact

Stilbaai Kelders vier 5de Verjaardag! / Stilbaai Kelders turns 5!

Stilbaai Kelders vier 5de Verjaardag! / Stilbaai Kelders turns 5!

Stilbaai Kelders vier 5de Verjaardag!

Hierdie 5de verjaardag op 1 November 2018 is voorwaar ‘n mylpaal in Stilbaai Kelders se ontwikkeling tot ‘n Wynboetiek met meer as 700 wyne, ‘n groot verskeidenheid Boetiekbier, asook Gin plus al die gunstelinge!

Hoewel die besigheid al verskeie naamsveranderinge ondergaan het, word kliënte al vir 22 jaar  bedien by hierdie besondere winkel, geleë in die Kaap-Hollandse grasdakgebou.

Die eienaars, Johannie Vermeulen en Adolf Botesis, reeds vir meer as drie jaar vennote.  Hulle het baie suksesvol daarin geslaag om Stilbaai Kelders tot ‘n unieke Wynboetiek te omskep met ‘n wye verskeidenheid Suid-Afrikaans vervaardige wyne.   Die Robertson-streek, asook die res van die Wes-Kaap, Weskus  en Klein Karoo word baie sterk hier verteenwoordig.  Daar word baie deeglik besin oor die keuse van wyn alvorens die rake gevul word.  Stilbaai Kelders is wyd en syd bekend vir die kwaliteit en verskeidenheid wyne wat onder een dak beskikbaar is en het tot gevolg dat voornemende kopers van heinde en verre kom om hul aankope hier te doen.

Behalwe  vir spiritualieë is daar ook enkelmout-whiskey en potketel-brandewyne, terwyl die vonkelwynversameling iets vir elkeen se smaak bied.

Dit is vir Adolf en Johannie, wat albei die Cape Wine Academy-Setifikaatkursus suksesvol voltooi het, uiters belangrik om sovêr moontlik self hul kliënte te bedien, veral wat die aankope van wyn, boetiekbier en -gin betref.  Die Stilbaai Kelders-personeel ontvang ook opleiding van kenners om die produkte te ken en kopers te help om die regte keuse te maak.

‘n Deli-afdeling met kase, olyfolies en produkte wat die wyne komplimenteer verleen nog groter koperservaring aan die reeds gewilde winkel. Geskenke kan hier aangekoop word terwyl die winkel ook glase verhuur.   Gereelde wynproefunksies word aangebied en wynliefhebers kan ook aansluit by hul wynklub.

Stilbaai Kelders het vroeer vanjaar die Prestige-toekenning as die wenner van die Stilbaai Sakekamer se “Medium-besigheid van die jaar” ontvang.

Besoek gerus Stilbaai Kelders in Voortrekkerstraat 17 of skakel hulle by (028) 754 1655 of 082 337 6286 of 083 333 1810.

Bron: Suid-Kaap Forum Donderdag, 1 November, 2018

Stilbaai Kelders turns 5!

On the 1st of November Stilbaai Kelders celebrated a milestone birthday – turning 5!  This much loved liquor shop now boasts 700 different wines, a huge variety of craft beer and also do Gin… stocking all the favourites.

Perfectly situated almost in centre of town in the lovely thatched  Cape Dutch building, it prides itself being the oldest liquor shop in Stilbaai.  Albeit renamed a couple of times in the past 22 years… clients have always been served well and now with owners Johannie Vermeulen & Adolf Botes your shopping experience has reached new heights!  The two partners worked tireless for the past 3 years to create a unique shop with a very wide variety of South African wines, predominantly from the Robertson area, but also included the rest of the Western Cape, West Coast and Klein Karoo.

Wines are being handpicked, as the shop is known for quality and variety – thus compromising is not an option!    Buyers come a long way to shop here for it is a one-stop with a variety to suit everyone’s taste.

Along with a variety of  spirits, they also stock single malt whiskey, pot distilled brandy and a very special bubbly collection.

With Adolf & Johannie both successfully completed the Cape Wine Academy Course, it is of paramount importance to them to personally serve their clients when choosing wine, a craft beer or gin.   This eventually resulted in the entire staff at Stilbaai Kelders being trained by people in the know to be able to serve customers with great confidence.

Complimentary to all the wonderful wines, the deli stocks cheese, olive oil and products which can be combined to create lovely gifts.  Should you have a dinner party and are concerned about not having enough  glasses…you can always hire some extras from them.

Regular wine tasting takes place with the option to join their wine club and thus making sure you are always in the know what might be newly acquired.

Early this year Stilbaai Kelders won the Prestige Accolade from Stilbaai Chamber Of Commerce “Medium Business of the year.”

Stilbaai Kelders is located at 17  Voortrekker Street.  Contact details  (028) 754 1655 Mobiles 082 337 6286 or 083 333 1810.

Courtesy  Suid-Kaap Forum  | Thursday | 1 November 2018

02-Nov-18

Covid-19 Essential Business Information

02-Apr-20

STILBAAI PRESTIGE TOEKENNINGS

23-Mar-19

Jagersbosch-gemeenskapsentrum Donasie

13-Dec-18

Hmmm … Fishalot val heerlik op die oor!

16-Nov-18

Exciting export opportunities for Eden

21-May-18

Nuwe bestuur vir die Stilbaai Sakekamer

05-May-18

Uitnodiging na Sakekamer netwerk funksie

24-Aug-17

Stilbaai Business Chamber donates R10,000 to Stilbaai Tourism

10-Aug-17

Jongensfontein Power Failures

24-Jul-17

Het iemand gesê sneeu?!

19-Jul-17