Stilbaai Sakekamer

In die hart van besigheid en welsyn van die gemeenskap - At the heart of business and wellbeing of community


Find Out More Business Directory Events Join News Documents Contact

Nuwe bestuur vir die Stilbaai Sakekamer

Nuwe bestuur vir die Stilbaai Sakekamer

Die Stilbaai Sakekamer se bestuur is Dinsdag (17 April) tydens sy Algemene Jaarvergadering wat by die gholfklub plaasgevind het, verkies. Vyf van die bestaande bestuurslede is herverkies.

Hulle is Rean Pretorius (Voorsitter), Willie Delport, Johan Kriek, Philip Pansegrouw en Johannes van Zyl. Die nuwe lede is Rachel Wall, Lizette de Necker, Alida Roos en Elza Thiart-Botes.

Tydens die vergadering het die komitee ook hul nuwe logo, hul leuse (In die hart van besigheid en welsyn van die gemeenskap) asook hul visie en missie aan Sakekamer-lede en belangstellendes bekend gestel.

Dit is hul visie om te inspireer en te voldoen aan die behoeftes van hul lede terwyl hul missie is om die belange van hul lede te bevorder deur innoverende ondersteuning en dienste te lewer wat die lede (besighede) se sukses en volhoubaarheid sal versterk om sodoende die welvaart en geleenthede vir die inwoners van Stilbaai en omliggende gebiede te bevorder.

Die Stilbaai Sakekamer was gedurende 2017 by verskeie projekte betrokke wat ingesluit het ‘n gala-aand waar besighede prestige toekennings ontvang het terwyl hulle wéér die jaarlikse Groot Visete ten bate van Jagersbosch aangebied het.   

Foto: Die Stilbaai Sakekamer-komitee is (v.l.n.r.) Willie Delport, Alida Roos, Philip Pansegrouw, Rachel Wall, Rean Pretorius, Lizette de Necker, Johannes van Zyl, Elza Thiart-Botes en Johan Kriek. Foto geneem deur Richard Webb

05-May-18

Covid-19 Essential Business Information

02-Apr-20

STILBAAI PRESTIGE TOEKENNINGS

23-Mar-19

Jagersbosch-gemeenskapsentrum Donasie

13-Dec-18

Hmmm … Fishalot val heerlik op die oor!

16-Nov-18

Stilbaai Kelders vier 5de Verjaardag! / Stilbaai Kelders turns 5!

02-Nov-18

Exciting export opportunities for Eden

21-May-18

Uitnodiging na Sakekamer netwerk funksie

24-Aug-17

Stilbaai Business Chamber donates R10,000 to Stilbaai Tourism

10-Aug-17

Jongensfontein Power Failures

24-Jul-17

Het iemand gesê sneeu?!

19-Jul-17