Stilbaai Sakekamer

In die hart van besigheid en welsyn van die gemeenskap - At the heart of business and wellbeing of community


Find Out More Business Directory Events Join News Documents Contact

STILBAAI PRESTIGE TOEKENNINGS

STILBAAI PRESTIGE TOEKENNINGS

STILBAAI PRESTIGE TOEKENNINGS

 

Dit is weer tyd om erkenning te gee aan  besighede wat die afgelope jaar 'n beduidende impak op die gemeenskap gehad het.

Die Gala-aand, waar finaliste en wenners van Stilbaai Sakekamer Prestige Toekennings aangekondig word,vind plaas op 17 Mei 2019 by die Gemeenskapsaal.

Wissel troefees en sertifkate sal die aand oorhandig word deur die 2018 wenners, naamlik:

  • Dr Karlien van Zyl (Klein-sake Onderneming),
  • Stilbaai Kelders, (Medium-sake Onderneming),
  • Pakket Moles (Groot-sake Onderneming),
  • Allegaartjie (Familie besigheid),
  • Hein Hopley van Stilbaai Paneelkloppers (Entrepreneur)
  • Badisa (Liefdadigheid),

Wat betref die nominasie en keuringsproses:

Ons is baie opgewonde om u in kennis te stel dat ons die jaar ‘n elektroniese stemproses gaan gebruik om finaliste te bepaal.  Alle besighede wat lede van die Sakekamer is sal op die stelsel verskyn sodat kliente en gemeenskapslede kan stem. Die aantal stemme sal dan bepaal wie die drie finaliste in elke kategorie is.

Die volgende stap in die proses is dan, soos verlede jaar, onderhoude met die onafhanklike Keuringskomitee wat bestaan uit nie-sake-eienaars, om sodoende te verseker dat die keuse van wenners objektief geskied.

‘n Bestuurlid van die Sakekamer sal binne die volgende paar dae met u in verbinding tree om u deur die elektroniese stemproses te neem en ook behulpsaam te wees met die bepaling van die kategorie waarin u besigheid val.

Die Kategorieë vir 2019 se Prestige Toekennings is:

  • Kleinsake Onderneming  - Eenmansaak besighede met ‘n maksimum van 5 personeellede.
  • Medium Sake Onderneming - Maksimum van 20 permanente personeellede.
  • Groot Besigheid - Meer as 20 permanente personeellede.
  • Familie Besigheid - 'n Tweede generasie (of ouer) besigheid waar eienaarskap van een geslag na die ander geslag suksesvol oorgedra is.
  • Jong Entrepreneur – Aandeelhouer of Eienaar nie ouer as 30 jaar.
  • Liefdadigheids Organisasie - Artikel 21 Maatskappy wees (sonder winsmotief).

Die elektroniese stemproses sal vanaf 1 April tot 15 April beskikbaar wees en onderhoude met die finaliste is geskeduleer vir die 2de  en 3de Mei  by die Munisipale kantore.

23-Mar-19

Jagersbosch-gemeenskapsentrum Donasie

13-Dec-18

Hmmm … Fishalot val heerlik op die oor!

16-Nov-18

Stilbaai Kelders vier 5de Verjaardag! / Stilbaai Kelders turns 5!

02-Nov-18

Exciting export opportunities for Eden

21-May-18

Nuwe bestuur vir die Stilbaai Sakekamer

05-May-18

Uitnodiging na Sakekamer netwerk funksie

24-Aug-17

Stilbaai Business Chamber donates R10,000 to Stilbaai Tourism

10-Aug-17

Jongensfontein Power Failures

24-Jul-17

Het iemand gesê sneeu?!

19-Jul-17

Stilbaai Christmas in July Street Market

08-May-17